Laat jou geloof oorgaan in werke!

Leitourgia is die groep wat seker maak dat die erediens ‘n plek is waar mense die lewende Here Jesus kan ontmoet. Dit sluit in preekbeplanning, musiek, tegnies en klank, video-uitsending, dekor en liturgiese ruimte en meer. Hieronder val ook die diens van gebede.
Kontak: Ds. Conrad Thomas emeliathomas157@gmail.com | 082 520 8285

Koinonia is die gemeenskap onder gelowiges. Dit is die saam-wees funksie van die gemeente wat so belangrik is in ‘n wêreld waar eensaamheid so algemeen is. Dit is ook deur koinonia dat buitestaanders familie word. Koinonia wil sorg dat mense welkom voel, raakgesien voel, geliefd voel.
Kontak: Oudl. Lida van Onselen kleinvlei70@gmail.com | 083 962 2417

Diakonia is die Omgee-bediening. Dit is ‘n bediening wat graag aan mense menswaardigheid wil bedien omdat God waarde aan mense heg. Dié speelveld is wyd, maar ondervang bv. kospakkies, siekebesoeke, sopkombuis, noodverligting en klerebank.
Kontak: Oudl. Marquerite Strydom marquerite@ekwip.co.za | 082 323 7100
Bejaardes: Ds. Kobus Bohnen jbohnen@igen.co.za | 082 440 3613

Marturia is om ons geloof teenoor ander te bely. Om ander van Jesus te vertel en saam oor Hom te dink. Dit sluit in ons kategese-programme, evangelie-bediening en ook kleingroepe. As jy wil deel wees van ‘n kleingroep, maak hier kontak.
Kontak: Ds. Tiaan Müller mullertiaanteacher@gmail.com | 078 532 1436

Eiendomme: Oudl. Tonie Scholtz – 082 520 8285
Fondse en finansies: Oudl. Johann du Plessis(Klein-Jan) – 076 162 3358
Feeskomitee: Mev. Chalise du Plessis – 066 247 5827
